Description
Hardeband met stofomslag in Redelike toestand
Hierdie omnibus bevat twee van Heinz G. Konsalik se groot treffers, LSD en Die moordenaar.
LSD
In LSD vestig Konsalik die aandag skerp op die afskrikwekkende ver- nietigingswerk van ‘n verdowingsmiddel waarvan slegs 100 mikrogram genoeg is om iemand nege uur lank waansinnig te maak. Vyf makkers wat gedurende die oorlog saam in Siberië was, word in die naoorlogse Duitsland ryk en gesiene burgers, en hulle kom gereeld bymekaar.
Mettertyd ontaard hierdie byeenkomste in wilde fuifpartytjies waar hulle hulle oorgee aan “die vryheid van oorversadiging”. In hul soeke na iets meer opwindends, begin hulle LSD gebruik. Wanneer hulle weer tot hul sinne kom, lê een met ‘n serp verwurg en ‘n ander met ‘n totaal verminkte gesig…
Die Moordenaar
Die moordenaar is die grusame en meesleurende verhaal van ‘n breinverminkte moordenaar, ‘n man wat onder die waan verkeer dat hy die onkunde uit die wêreld moet uitslag.
Gerd Sassner is ‘n welgestelde chemikus en fabriekeienaar by wie ‘n vreemde persoonlikheidsverandering intree as gevolg van ‘n vroeëre traumatiese ervaring. Hy word opgeneem in die privaatkliniek van prof. Dorian, ‘n internasionaal beroemde neurochirurg. Dorian glo dat geesteskrankes deur ‘n operasie genees kan word, en hy voer ‘n skynbaar suksesvolle operasie op Sassner uit.
Maar dan verdwyn sy pasiënt. En ‘n onmens, bygestaan deur ‘n rooikopvrou, pleeg die gruwelikste moord in die kriminele geskiedenis.







