Description
Secondhand Hardcover with dust jacket in Excellent Condition
Op hierdie tydstip van ons volksgeskiedenis is daar veral een man wie se persoonlikheid van deurslaggewende belang vir ons toekoms kan wees. Dié man is Balthazar Johannes Vorster, Eerste minister van Suid-Afrika vir die afgelope 11 jaar. Maar wie is John Vorster werklik? Wie is die man agter die stugge masker? Waar kom hy vandaan en wat het hom gemaak wat hy vandag is? Hoe het hy so vinnig gevorder van geinterneerde van die Smutsregering tot die hoogste politieke pos in die land?
John D’Oliveira, een van die min joernaliste wat mnr Vorster goed ken en sy volle vertroue geniet, beantwoorde dié vrae in ‘n biografie wat hoofsaaklik uit oorspronklike bronne saamgestel is – meestal onderhoude met die Premier en mense wat na aan hom staan en gestaan het.
(Vanaf boek se flapteks – 1977)






