Description
Hardeband in goeie toestand
Wenresepte 2 is die ideale boek vir die wat geregte soek wat goedkoop is en maklik vir enigiemand om te maak. Die boek bevat meer as 200 resepte, insluitend opwindende ontbytgeregte, liplekker soppe, soutterte, pizza, pasta, geurige vis- en vleisgeregte, groente en slaai, warm en koue poedings en heerlike gebak soos brood, beskuit, koeke, terte, en nog meer. Nuttige informasie word gegee, insIuitend: omrekeningstabel; wat as jou resep verkeerd loop en hoe om dit te voorkom; wat is vleisstukke in Engels; hoeveel is oondtemperature’ plaasvervangers vir belangrike bestanddele. Met splinternuwe foto’s en uitleg is die herverpakte boek ’n moet vir elke Suid-Afrikaanse kombuis.





