Description
Secondhand Hardcover with dust jacket in Good Condition
“Ek is ‘n veeleisende persoon en as u vind dat u nie die pas kan volhou nie, moet u maar teruggaan”.
Met hierdie veelseggende woorde het dr Verwoerd my teen die einde van September 1952 in kamer 103 van die Uniegebou “welkom” geheet.
Voor daardie, vir my geskiedkundige lentemôre, het ek hom “geken” as “daardie vuurvreter van Die Transvaler” en “daardie onverantwoordelike Minister van Bantoesake wat Suid-Afrika op die mees roekelose wyse na die afgrond sleep”, terwyl hy in die Departement waar ek voorheen werksaam was, bekend was as daardie man wie se koerant “in hierdie kantoor nie gelees mag word nie”.
Vir my as ambisieuse jong amptenaar was dit ‘n groot dag toe dr WWM Eiselen, destydse Sekretaris van Bantoesake, my ontbied om my mee te deel dat ek as die privaatsektretaris van hierdie veelbesproke en vir baie ‘n gevreesde Minister, aangewys is.







