Description
Hardeband in goeie toestand. Stofomslag beskadig – sien fotos
Op Saterdag, 7 Februarie 1959, is dr. D. F. Malan heengegaan. Daarmee is ‘n lewe van diens beëindig, ‘n lewe wat op onbaatsugtige, onvervalste wyse aan Suid-Afrika gewy was. Daar was seker min leiers van volke wie se lewens so nou met dié van hulle volke verknoop en ineengestrengel was soos die lewe van dr. Malan met dié van die volk van Suid-Afrika.
Trouens, die loopbaan van dr. Malan gedurende die veertig jaar van sy aktiewe openbare lewe, 1914-1954, verteenwoordig in hoë mate die staatkundige en kulturele belëwenis van die Afrikanervolk in dié tyd. In hierdie boek volg ons dr. Malan waar hy rustig en teruggetrek in die vrede van Mo5rewag op Stellenbosch, oor die lewe terugkyk. Ons volg hom waar hy begin skryf: oor sy vroeë politieke ervaringe, oor die jare van oorlog en rebellie, oor die oprigting van Die Burger. Ons lees voort tot waar hy by die laaste dramatiese slottonele kom: bondgenootskap en eenwording, afskeid en vaarwel.






