Domein van Glas deur Henk van Woerden – soos vertaal deur Antjie Krog

R50,00

Sagteband in goeie toestand

DOMEIN VAN GLAS vertel die verhaal van Dimitri Tsafendas, die man wat dr. Verwoerd op 6 September 1966 met vier wilde dolkhale om die lewe gebring het. Dis ‘n boeiende reis deur die verlede, ‘n versigtige na-loop op spore wat lê in die Bo-Kaap, die Kaapse Vlakte, Langstraat, die Tuine, tot in ‘n psigiatriese hospitaal op Krugersdorp. ‘n Land en landskap wat verruklik – en soms met verskrikking – geteken word. Binne hierdie werklikheid word die vermoede ruimtes van Tsafendas gepeil en word die halwe Griek, halwe swart man se kop en verlede ‘n fassinerende narratief wat hom afspeel teen dié van Verwoerd en Van Woerden – albei half-Hollander, half-Suid-Afrikaner.

Net Henk van Woerden slaag so daarin om die land en die geskiedents oop en nuut te maak. Uit die donkerte van ‘n beskamende doodswye het hy vir Stefaans gaan haal sodat ons hom in sy volle menswees kan ontmoet. Dankie, Henk!
Breyten Breytenbach

Dis ‘n ‘eina’-boek. Soms was ek die moer in omdat ek so baie plekke en dinge daarin herken.
Vernon February

1 in stock

Description

Additional information

Weight 250 g
Dimensions 22 × 14 × 1 cm