Description
Sagteband boek in goeie toestand
‘n Openbaring. ‘n Ware kyk in die lewe en hart van iemand wat sterk aan depressie gely het. Sy het dit ervaar asof sy in die donker bos van Hansie en Grietjie weggeraak het. ‘n Besondere beskrywing van hierdie verdwaal wees en die pad terug na gevind wees. Sielie het die mooiste gedigte geskryf in hierdie tyd en is deur verskillende Bybelgedeeltes geraak en bemoedig. As vrou van ‘n predikant, moes hierdie swart gat van depressie des te moeiliker en swaarder gevoel het. ‘n Boeiende boek.





