Eenkantland deur Theunis Uys

R70,00

Tweedehandse Sagteband boek in puik toestand

Namakwaland is soos ’n geslypte diamant. Dit het baie fasette wat ’n mens eers regtig raaksien as jy van nader daarna kyk. En wie beter om dit teen die lig te hou as iemand wat self 80 jaar lank deur hierdie besondere landstreek geslyp is?

In Eenkantland, ’n keur uit die werk van Theunis Uys, maak die leser kennis met al die fasette van Namakwaland se rykdom: die veld, die diere, streeksgeskiedenis, diamantsmokkelary, boerdery, gunstelinggeregte, rygoed, gebruiksartikels, snaakse gebeure en streekseie verskynsels, maar bowenal met sy mense – Sandvelders, Binnevelders en Boesmanlanders.

Sien Namakwaland deur die oë van iemand wat die beste blomjaar in menseheugenis, 1925, soos gister onthou, en deel in die geheime bekoring van ’n streek wat jou nooit laat los as hy jou eers beetgepak het nie.

1 in stock

Category:

Description

Additional information

Weight 260 g
Dimensions 21 × 15 × 2 cm