Description
Hardeband in Goeie Toestand
Die verstommende sukses van Huisgenoot se Wenresepte 1 en 2 is alombekend — daar is saam reeds meer as 500 000 eksemplare van hierdie twee kookboeke verkoop.
Annette Human se nuutste treffer volg dieselfde wenpatroon: gewilde, beproefde geregte, goedkoop en maklik om te maak, ideaal vir die beginner sowel as die ervare kok. Huisgenoot se Wenresepte 3 bevat 128 kleurfoto’s en 345 resepte, elkeen splinternuut en deur Annette self getoets om te verseker dat dit werk!





