Description
Secondhand Hardcover in Good Condition
Jy staan op die punt om n totaal ander soort apteek te betree. Een waar kruiemedisynes aangebied word tussen en saam met konvensioneel farmaseutiese middels. Waar flesse met koorskruid langs bottels aspirien staan, en echinacea n plekkie het tussen ander verkoue- en griepmedisynes.
Kruie in die Apteek is jou bron waar jy hoofstroom-geneesmiddelbehandeling en hul kruie-alternatiewe kan vergelyk vir byna 100 algemene gesondheidsprobleme. Jy sal kruie ontdek wat dieselfde genesende kragte het as baie voorskrif- en nievoorskrifmedisynes behalwe dat hulle baie sagter is en min of geen newe-effekte het nie.
Of jy nou vinnige eerstehulp of langtermynverligting benodig, Kruie in die Apteek het n middel vir jou.





