A. G. Visser in Beeld – Gedenkalbum (1 Maart 1878 – 10 Junie 1929)

R70,00

Hardeband sonder stofomslag

Saamgestel deur die Stigting Nasionale Afrikaanse Letterkunde Museum en Navorsingsentrum

Eerste uitgawe Eerste druk 1977

Transvaalse Onderwysdepartement stempel in binneblad

 

1 in stock

Description

Hardeband sonder stofomslag

Saamgestel deur die Stigting Nasionale Afrikaanse Letterkunde Museum en Navorsingsentrum

Eerste uitgawe Eerste druk 1977

Transvaalse Onderwysdepartement stempel in binneblad

A.G. Visser (1 Maart 1878 – 10 Junie 1929) was ’n dokter en Afrikaanse digter wat twee keer met die Hertzogprys bekroon is. Hy was algemeen bekend as die “sanger van die Suikerbosrand”.

Andries Gerhardus Visser is op 1 Maart 1878 op die plaas Zaaifontein in die distrik Fraserburg in die Noord-Kaap gebore, waar sy vader hom in 1877 tydelik gevestig het om weiveld te kry vir sy vee. ‘n Groot droogte het sy ouers van hulle plaas in die distrik Carnarvon verdryf, en hy is in ‘n tentjie op die werf van die plaashuis, onder die skaduwee van ‘n peerboom gebore. Hy gaan skool op Daljosafat (twee ander bekende skrywers, Totius en D.F. Malherbe is in dié tyd ook saam met hom op skool), ontvang opleiding in onderwys aan die Normaalkollege te Kaapstad, en studeer in die geneeskunde in Edinburg, Skotland, van 1901 tot 1906.

Reeds in sy skooljare dig hy en in sy tyd op Carnarvon publiseer hy onder die voorletters AV of AGV enkele geestige gedigte in die algemene trant van die Eerste Taalbeweging in Ons Klyntji. Hierdie gedigte sluit in “Di cigarette”, “Di eerste fersoek fan Japi an syn frou”, “’n Saak het twe kante” en “Oom Fani Brink”, wat later deur S.J. du Toit in sy bundel “Afrikaanse gedigte byeenfersameld” opgeneem word.

 

Additional information

Weight 550 g
Dimensions 24 × 19 × 1 cm