Description
Sagetband in goeie Toestand. Voorblad effens beskadig
Caroline Fletcher is die dogter van baie ryk ouers in die Suide van Amerika en dit het nog nooit by haar opgekom dat dit verkeerd is om slawe te he nie. Tot op die dag dat haar pa een van die slawevroue se kind aan iemand anders verkoop en Caroline die hooploosheid en ongelooflike verlies beleef. Na haar ma se dood gaan woon sy vir ‘n ruk by familie in die Noorde waar sy die waarheid omtrent slawerny besef. Sy keer terug na die Suide en ontmoet vir Charles St. John, ‘n voorstander van slawerny. Hy en Caroline raak verlief, en wanneer die Amerikaanse Burgeroorlog aan sy deur kom klop, gaan veg hy vir die Suide. Caroline is vasgevang tussen haar land, haar geliefde wat nie haar oortuigings deel nie, en beginsels waarvoor sy weet sy moet veg. Sy wil die manier verander waarop die mense rondom haar dink, maar besef dis hulle harte waaraan sy moet werk. Sal Charles St. John se liefde vir Caroline maak dat die Suide die oorlog verloor? En sal Caroline die moed he om vas te bly staan vir haar oortuigings, selfs al beteken dit sy staan alleen?





