Bitterboela en Soetgousblom, Stories uit my Hartland deur Pieter Strauss

R50,00

Sagteband in Goeie Stoestand

Bitterboela en soetgousblom is bundel kontreiverhale oor ware gebeurtenisse en herinneringe, volksgelowe, spook- en grootliegstories, asook verhale oor die streek se vele miskende helde en heldinne. Mense soos Koos Num, “die heel laaste Boesman van Kenhardt”, en die San-kunstenaars //Kabbo en Dia!kwain word hier weer die lewe in vertel.

Dan is daar die storie oor Ruben van Rooyen en sy kwansuise poging om Prieska se heel eerste nasionale snoekerkampioen in “gans die geskiedenis” te word, maar dan, onverwags, lies- en dyspierbeserings opdoen. Van tant Lissie Jordaan en haar hoenderhenne met wie sy so intens empatie gehad het toe hulle hul luidrugtige hoenderhaan ontsê word, dat selfs die dominee dit moes ontgeld.

So van eiers gepraat, daar is ook die storie van die eier van ‘n rare Siberiese voël wat deur die stoute Liezel op die skoolgrond “ontdek” word en toe, volgens meneer Joggie, die skoolhoof, aan hul dorpie internasionale roem sou besorg! Dis heerlike verhale oor gewone mense se pogings om ‘n bestaan te maak in hierdie ongenaakbare deel van die wêreld, aangebied met humor en deernis.

1 in stock

Description

Additional information

Weight 300 g
Dimensions 23 × 16 × 2 cm