Description
Sagteband in Goeie Toestand
Paul kan die ontydige dood van sy pa nie verwerk nie en bly droom van hom. Hy maak vriende met die ou skoonmaker by hulle woonstelgebou, maar konflik ontstaan wanneer hy Paul se pa se ou Buick, sy “droomwa”, wil koop.
Vir Paul van Zyl is sy standerdvyfjaar ‘n grootwordjaar. Hy leer dat ‘n mens die verlede nie kan terugroep nie. Dat dít wat verby is, onherroeplik en vir ewig verby is. Dat dít wat gedoen is, ewe onherroeplik gedaan is. Hy leer om afskeid te neem, en om verantwoordelikheid te neem vir wat hy gedoen het. Maar bowenal leer hy aanvaarding.




