Description
Sagteband in goeie toestand
In die “lagboek”, Alles goed en wel —lagstories na willekeur, het De Vries ‘n bloemlesing gemaak van, soos hy sê, “nie
alle verhale wat my al lekker laat lag het nie, want dis ‘n boekrak vol, maar ‘n fris klompie daarvan. Ek het probeer
om soveel soortelag kans te gee as wat moontlik was: humor, skater-, glim-, snork-, verleë, weg-, skamerig-, gillend, af-,
vrolik, selfs uit-! En nog ‘n paar. Want hoekom juis die mens met sy onsalige vermoë tot dodelike erns die enigste dier in
die ganse skepping is wat ook met lag vertrou is, is ‘n totale misterie. Wat ek al opgemerk het, is dat lag by party mense
spontaan kom, soos ‘n nies of ‘n snork. Dis veral vir diegene wat hierdie verhale bedoel is.”





