In Sy Voetspore: Die verhale van vier Bybelvroue .. deur Jaco Thom

R40,00

Sagteband in goeie toestand

Die verhale van vier Bybelvroue … EVA LEA NAOMI BATSEBA

Sukkel jy ook om God se wil te aanvaar?

Eva beleef ware vergifnis
Lea leer om tweede viool te speel
Naomi smag na vrede
Batseba ontdek liefde ná owerspel

Vier verhale … vier uiteenlopende vroue … ver van mekaar verwyder in tyd, maar tog ook naby aan mekaar in hulle omstandighede. Elkeen het op haar eie manier beleef dat die lewe nie was soos sy gedink het dit sou wees nie. En net soos ons vandag moes hulle probeer sin maak en vrede vind met dit wat die lewe vir hulle uitgedeel het.

Jaco Thom slaag uitmuntend daarin om in sy kenmerkende skryfstyl die lewe van hierdie vier vroue uit te beeld, en hulle worsteling met die lewe, met hulleself en met God. In die loop van die verhale word die vroue meer as maar net Bybelkarakters, hulle word vroue van vlees en bloed saam met wie jy kan droom, lag en huil. Hulle het in ander tye geleef, maar in hulle verhale ontdek jy iets van jou eie vrae en drome; kom jy agter dat hulle jou medereisigers op die lewenspad is.

1 in stock

Description

Additional information

Weight 500 g
Dimensions 21 × 14 × 3 cm